tariewe
Tariewe sluit die volgende in:
Gebruik van die saal, braaigeriewe en die kombuis.
Daar is 13 tafels en 80 stoele beskikbaar.
Die kombuis is toegerus met ‘n mikrogolfoond, yskas, ‘urn’ stoof en oond.
Breekware en eetgerei is beskikbaar teen 'n addisionele koste en is uitgesluit by die huurtarief. Voorafreëlings moet asseblief getref word.
let wel
'n Bespreking sal slegs bevestig word wanneer die voltooide vorm en bewys van betaling ontvang is. Ongelukkig kan 'n datum en tyd nie bespreek word sonder bogenoemde nie.
KANSELLASIE
Indien ‘n bespreking gekanselleer word, sal ‘n administrasiefooi van R150 van die betaling reeds ontvang, afgetrek word.
Indien 'n bespreking minder as twee weke voor die bespreekte tyd en datum gekanselleer word, sal die totale betaling reeds ontvang, verbeur word.